Gesin tydens huisroof met kabelbinders vasgebind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Drie gesinslede is Woensdagoggend vroeg deur verdagtes tydens ‘n huisroof in Vincent Dickensontraat in Cottonlands, Canelands vasgebind.

Reaction Unit South Africa was net na middernag op die toneel. Na bewering het drie gewapende verdagtes met geweld toegang tot die gesin se huis bekom. Die ouerpaar en hulle dogter is vasgebind, waarna die verdagtes met twee selfone en ‘n tuisteaterstelsel van die toneel gevlug het.

Niemand is beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief