Tronkstraf vir man wat tienermeisie met pyp slaan

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Man (41) is Dinsdag tronkstraf van ses jaar opgelê nadat hy op 21 Januarie 2023 op Brandvlei ‘n tienermeisie met ‘n ysterpyp geslaan het.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie is omstreeks 22:15 na ‘n klagte waar hulle die 15-jarige aangetref het wie se gesig bloei omdat die verdagte die slagoffer tydens ‘n argument met ‘n ysterpyp geslaan het. Die man is in hegtenis geneem en sy borgaansoek was suksesvol teengestaan. Hy is deur die Carnarvon-streekshof op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Speur.konst. Anthony Willemse van Calvinia-GKS het die suksesvolle afhandeling van die saak en vonnisoplegging verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief