Liggaam uit waterkanaal gehaal

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die liggaam van ‘n man is Sondag uit ‘n sement-waterkanaal in Sharpeville gehaal.

AO Martin Seaman sê polisielede van Sedibeng se waterpolisie-en-duikeenheid is na die toneel langs die R59-hoofweg ontbied. Lede moes van reddingstoerusting gebruik maak om die liggaam van die man uit die waterkanaal te haal. Die identiteit van die man is nie bekend nie en die liggaam is aan Sharpeville-speurtak oorhandig.

Seaman sê die liggaam is deurspek met steekwonde.

Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom om die polisie met hulle ondersoek by te staan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief