KWAZULU-NATAL. – Altesaam 13 skoolleerders is gister beseer toe hulle vervoer in ‘n muur en boom in die Bluff, suid van Durban, vasgery het.
Garrith Jamieson van ALS Pramedics sê die diens is net na 14:00 na ‘n toneel van ‘n taxi-ongeluk op die hoek van Lighthouse- en Moffatstraat ontbied.
Jamieson sê chaos het paramedici begroet. Die leerders tussen sewe en 12 jaar het verskeie tipe beserings opgedoen en meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici is ontbied. Die beseerde leerders is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale vervoer is.
Dit is onbekend hoe die ongeluk gebeur het, maar die polisie was op die toneel teenwoordig.