Vermiste man in stormwaterdrein gevind

Lees ook :

Foto: Facebook

GAUTENG. – Julian Otto, wat Maandag van East Lynne na Wonderboom in Pretoria onderweg was en vermis geraak het, is gister in ‘n sement-stormwaterdrein in Montana gevind.

Volgens ‘n bron wat met Nuusflits gepraat het, is Otto na ‘n hospitaal geneem.

Volgens Rekord moes van die sement verwyder word om Otto, wat dehidreer was, uit die drein aan die kant van die pad te haal.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Julian Otto (22) van Wonderboom in Pretoria is sedert Maandag omstreeks 15:00 in Bosloeriestraat, East Lynne, Pretoria, vermis.

Otto woon in Tamariskstraat in die Wonderboom-area en is laas in Bosloeriestraat in East Lynne opgemerk, toe hy glo ‘n koffiewinkel besoek het. Hy was te voet en het om 15:08 ‘n Uber bestel om na Wonderboom te gaan, wat hy weer om 15:30 gekanselleer het.

Otto, wat aan epilepsie ly en as “weerloos” beskryf is, is sedertdien vermis en sy selfoon is afgeskakel. Hy is by Villieria-polisiestasie as vermis aangemeld.

Hy was laas in ‘n rooi T-hemp, groen kortbroek en plakkies geklee.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, word hulle versoek om Estelle by 082 440 4583, Missing Children South Africa by 072 647 7464 of Missing Minors The Pink Ladies Organization by 072 214 7439 te bel.

Foto: Ter illustrasie Canva

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief