WES-KAAP. – Robert Schroeder (58) word gesoek nadat hy op 11 Augustus op George in die Tuinroete as vermis aangemeld is.
Sers. Christopher Spies sê die polisie vra die gemeenskap se hulp om Schroeder op te spoor.
Volgens voorlopige ondersoek was Schroeder by ‘n jaarlikse musiekfees wat oor drie dae strek en wat hy voorheen op Herlold, net buite George, bygewoon, waarna hy vermis geraak het. Aan die einde van die fees was Schroeder se tent met al sy besittings steeds op die terrein.
Spies sê Schroeder dra ‘n vol baard, is 1.89 m. lank en weeg 90 kg.
Enigiemand met inligting van waar Schroeder hom bevind, kan sers. Fumanekile Nofemela by 044 803 4715 bel.





