Tiener wat glo gr. R-leerders verkrag en seksueel aanrand in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Seun (17) in gr. 11 het in die Polokwane-kinderhof verskyn nadat hy glo ‘n meisie verkrag en in ‘n ander insident een onvanpas aan hom laat vat het. Beide meisies is in gr. R en ses jaar oud.

Kol. Malesela Ledwaba sê die seun het onderskeidelik Maandag en Dinsdag vir die twee insidente in die hof verskyn. Op 7 Augustus het die verdagte en slagoffer in ‘n onderwyser se voertuig gesit terwyl hulle gewag het om huis toe geneem te word, toe die slagoffer in die voertuig verkrag is.

Tydens die tweede insident het die verdagte aan die tweede slagoffer gevra om aan sy geslagsdeel te vat toe sy water by die skool gaan drink het.

Ledwaba sê beide die slagoffers het hulle ouers van die voorvallle vertel, waarna dit aan die skool gerapporteer is. Beide sake is Vrydag by die polisie oopgemaak en die verdagte is Saterdag, nadat hy deur sy aanneemma aan owerhede oorhandig is, gearresteer.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die beskuldigde ‘n buitelander is wat by sy aangenome ma, ‘n onderwyser by die skool, gebly het. Hy is na inhegtenisneming tot sy eerste hofverskyning by die Polokwane Jeugsentrum aangehou. Die saak is vir verdere ondersoek tot Dinsdag 10 September 2024 uitgestel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief