Suid-Afrikaners kan te danke aan ‘n sterk geomagnetiese storm vanaf 23:00 vanaand met die terugkeer van die Suiderligte (aurora australis) bederf word. Suid-Afrika was op 10 Mei ook deur die skouspel betower.
Sansa (South African National Space Agency) sê die storm kan moontlik kommunikasie- en navigasiesisteme onderbreek. Nywerhede word aangeraai om vir moontlike impak voor te berei. Suid-Afrikaners word aangemoedig om die lug dop te hou en hierdie seldsame geleentheid te geniet.
Die oorsprong van die storm is ‘n sonfakkel (solar flare) wat Donderdagmiddag van sunspot region 3842 uitgebars het. Dit is die sterkste sonfakkel in sewe jaar wat deur Sansa gemeet is en is sedert 29 September gemonitor.
Dr. Mpho Tshisaphungo, hoof van ruimteweer-Sansa glo as hierdie koronale massa-uitwerpings (CME) die aarde later vanaand en môre in die vroeë oggendure bereik, daar ‘n klein kans kan wees om die Suiderligte te sien. Dit sal afhang van die sterkte van die geomagnetiese storm. Sy verduidelik dat Aurora slegs gedurende die nag en sonder wolke sigbaar is.
Lees die volledige verklaring van SANSA hier.





