Lees ook: Inentingsveldtog teen a-pokke in Kongo vertraag
UGANDA. – ‘n Geval van a-pokke is by die Nakasongola-tronk in Uganda aangemeld. Die gevangene is in isolasie en ontvang behandeling.
Die woordvoerder vir die tronk, Frank Baine, het gesê die gevangene kon nie borg kry nie, want hy is aangehou vir moord. Hy word dus in die tronk geïsoleer.
Uganda het tans 41 gevalle van a-pokke.
Bronne: US News, Arab News PK, Reuters





