Brekende Nuus
Afrikaans

Inentingsveldtog teen a-pokke in Kongo vertraag

Inentingsveldtog teen a-pokke in Kongo vertraag
fotokrediet: Canva
Inentingsveldtog teen a-pokke in Kongo vertraag fotokrediet: Canva

Lees ook: Indië bevestig eerste geval van gevaarliker a-pokke-variant

Volgens gesondheidsowerhede in die Republiek die Kongo is die inentingsveldtog teen a-pokke in die land vertraag.

Die inentingveldtog in die sentrale deel van die land sou vandag begin het, maar is vertraag na die entstof in die oostelike deel van die land afgelaai is. Dit beteken die entstof moet eers na die res van die land ontplooi word, wat tyd sal neem. Personeel moet ook eers voldoende opgelei word voordat inentings toegedien kan word.

Intussen heers groot kommer oor die toename in gevalle van a-pokke, veral in Kinshasa.

Bronne: Jacaranda FM, IOL, Medical Xpress

Lees ook: Indië bevestig eerste geval van gevaarliker a-pokke-variant