Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging
’n Bouer is doodgeskiet en sy assistent gewond tydens ’n beweerde huurmoord in Cornubia, KZN.
Reaksie-eenheid SA (Rusa) het 13 oproepe ontvang oor ’n bouer en sy assistent wat geskiet is terwyl hulle besig was om verbouings aan ’n huis te doen.
Drie kinders, 15, 13 en 10, het naby die misdaadtoneel gespeel toe die verdagte vir hulle gevra het om te loop. Hy het daarna die bouer en sy assistent geskiet en weggeloop. Die kinders is nie beseer nie.
Bronne: Facebook
Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging





