Lees ook: Nog 46 leerlinge in Bloemfontein na hospitaal met maagkrampe
Inwoners van Bloemfontein het spazawinkels ingevaar na 47 leerlinge hospitaal toe geneem is vir vermoedelik voedselvergiftiging. 29 mense is in hegtenis geneem vir die beweerde plundery van spazawinkels.
Van die spazawinkeleienaars kon vlug met hulle goedere terwyl ander moes vlug en hulle winkels net so laat.
Die 33 leerlinge van Primêre Skool Ihobe en 13 van Primêre Skool Itemoheng is na die Pelonomi-hospitaal geneem na hulle gekla het van maagkrampe nadat hulle sjokolade en koekies by spazawinkels naby die skool gekoop en geëet het. Nog ‘n leerling van Primêre Skool Toka is ook hospitaal toe geneem.
Die kinders is almal ontslaan.
Die kinders het glo sjokolade en koekies waarvan die vervaldatum reeds verstryk het by spazawinkels gekoop.
Bronne: SABC, eNCA, Jacaranda FM
Lees ook: Nog 46 leerlinge in Bloemfontein na hospitaal met maagkrampe

