Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging
DAWNCREST. – Tien verdagtes, gewapen met pangas en vuurwapens, het ’n ma en haar kleuters Donderdag gekaap.
Reaksie-eenheid SA (Rusa) het ’n oproep oor die kaping ontvang. Die ma en haar kinders (2 en 4 jaar) het uit haar familie se erf gery toe die kapers haar en die kinders uit die voertuig gedwing het. Die verdagtes is gekeer voor hulle by die familie se huis kon ingaan. Hulle het in die vrou se voertuig gevlug.
Geen beserings is aangemeld nie. Die Reaksie-eenheid SA (Rusa) het later die voertuig gekry waar dit naby Inanda agtergelaat is.
Bronne: Facebook
Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging





