KWAZULU-NATAL. – Twee straatverkopers is Saterdag onderskeidelik ernstig en kritiek beseer toe ‘n motoris ‘n mediese noodgeval ervaar het en in hulle vasgery het.
IPSS Medical Rescue is na die toneel van ‘n motorongeluk op die N2 by die Dodokweni-tolhek. Met aankoms is vasgestel die bestuurder van ‘n motorvoertuig het ‘n mediese noodgeval ervaar en twee straatverkopers getref toe hy uitgeswenk het.
Een van die straatverkopers is kritiek beseer en is gestabiliseer voordat hy onder toesig van ‘n IPSS-paramedikus na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer is. Nog ‘n straatverkoper wat ernstig beseer is, is deur EMRS na ‘n hospitaal vervoer. Die motoris het geringe beserings opgedoen en is privaat na ‘n hospitaal geneem.







