Mev. Suid-Afrika gekroon

Lees ook :

Foto: Mrs South Africa

Erin-Jane Miller (42), van Fourways in Johannesburg, is Saterdag by die Theatre of Marcellus In Kempton Park as Mev. Suid-Afrika gekroon.

Miller is die HUB en uitvoerende vervaardiger van Recode Media. Sy is 17 jaar met Bryan Miller getroud en het twee seuns.

“In my vrye tyd geniet ek dit om te oefen en tyd saam met my seuns deur te bring. #MyTimeIsNow, want ek het besluit om uit te styg en die kragtigste weergawe van myself te wees.”

Tshiamo Githinji (30) van Sandton is as eerste prinses gekroon. Githinji werk as ‘n ingenieursmeestersnavorser en is amper twee jaar met John Githinji getroud. Sy geniet buitelugsport.

“Ek hou daarvan om wiskunde en fisika aan hoërskoolleerders in minderbevoorregte gemeenskappe te onderrig. #MyTimeIsNow omdat ek hier is om die volgende generasie baanbrekers te mentor en loopbaanhindernisse vir minderbevoorregte kinders te verbreek.”

Lisa Gittins (25) van Pretoria is as tweede prinses gekroon. Sy is ‘n plaaslike sake-eienaar en entrepeneur en is ook amper twee jaar met John-George getroud. Sy hou daarvan om vrye tyd met familie en vriende deur te bring en hou ook van reis, inkopies doen en om romantiese komedies te kyk.

#MyTimeIsNow want ek is nie hier om myself te vind nie. Ek is hier om myself te skep met wat God vir my gegee het. Om die gemeenskappe rondom my te inspireer, op te hef en aan te moedig.”

Bron: Mrs South Africa

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief