Drie matriekleerlinge in ongeluk

Lees ook :

Foto: Hoërskool Schweizer-Reneke

Waarskuwing: Beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel!

NOORDWES. – Janco Snyman (18), Mia-Lee Greyling (18) en Janel Payne van Hoërskool Schweizer-Renecke was Sondagaand saam in ‘n motorongeluk betrokke.

Volgens Mia-Lee Greyling se Facebook-profiel is sy en Janco in ‘n verhouding. Mia-Lee en Janel was beide VLR-lede in hulle matriekjaar.

Die skool sê: “Psalm 91:10 “Hy sal sy Engele opdrag gee om jou te beskerm oral waar jy gaan”. Today we join hands in prayer, wishing the three matric learners from HSR who were in a car accident yesterday a speedy recovery. Ons hou ook hul ouers in ons gedagtes en gebede. Baie sterkte.”

Kol. Cherelle Ehlers sê ‘n ongeluk het na middernag op die N18 buite Hartswater plaasgevind. Na bewering het ‘n voertuig vanaf Pampierstad gereis en nie by ‘n T-aansluiting stilgehou nie. Die voertuig het met ‘n voertuig wat in die rigting van Jan Kempdorp op pad was, gebots. Die bestuurder (29) van die voertuig van Pampierstad se rigting is ernstig beseer en ‘n meisie (17) en ‘n seun (10) het op die toneel gesterf.

Die bestuurder en twee passasiers van die ander voertuig het beserings opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

‘n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

Foto’s: Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief