WES-KAAP. – Mary Blair McDowall (78) se liggaam is Maandagmiddag na 12:00 in haar huis in Ravenstraat, West Beach, Table View, ontdek. Drie Malawiese burgers is intussen in hegtenis geneem.
Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits die polisie is na die toneel ontbied waar die oorledene in haar slaapkamer op die vloer gelê het. Volgens ‘n verslag het sy kneusmerke aan haar gesig, arms en nek gehad. Sy is op die toneel dood verklaar.
Alhoewel drie manlike Malawiese burgers Dinsdag gearresteer is, word die omstandighede van die insident steeds deur die Tableview-polisie ondersoek.
Die verdagtes sal nadat hulle aangekla is vir moord en huisroof in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom.





