Tienerseun op aanklag van moord gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Seun (16) is op Nuwejaar gearresteer nadat ‘n man (29) aan ‘n steekwond in ‘n voertuig gesterf het.

Sers. Mahlomola Kareli sê beamptes is omstreeks 03:50 na ‘n klagte van ‘n moord naby ‘n kroeg in Puding Tse Rolo ontbied. Met aankoms was ‘n groot groep mense langs ‘n grys VW Polo, met ‘n OVS-registasienommer. ‘n Bloedbesmeerde man met ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek is binne-in die motor aangetref. Hy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Voorlopige ondersoek dui aan die tienerseun en die oorledene het glo ‘n argument langs die voertuig gehad, waarna die man gesteek is. Die verdagte tiener het van die toneel gevlug en is later by sy huis gearresteer.

Die tienerseun sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief