Ma desperaat om haar seun te help

Lees ook :

Foto: Verskaf

WAARSKUWING! Foto’s onderaan die berig kan lesers ontstel.

GAUTENG. – Dwayne Pretorius (20) is ‘n gestremde jong man van Vanderbijlpark wat aan ‘n rolstoel gekluister is en nie die linkerkant van sy lyf kan beweeg nie. Hy het volgens sy ma moontlike inwendige bloeding en is is tans in die Tshipong-hospitaal in Klerkdsdorp waar hy tot dusver nog slegs bloedoortappings ontvang het.

Valerie Pretorius, Dwayne se ma, is ‘n enkelouer wat self na haar seun omsien en is baie bekommerd. Die aanvanklike probleem was dat bloed by sy mond en elders uitgekom het. Sy verduidelik hy gooi nie meer bloed op nie, maar sy glo die bloed gaan iewers heen in sy lyf.

“Op Kersdag het hy begin sleg voel en ‘n klein bietjie bloed opgegooi. Die middag na Kersfees was daar egter vreeslik baie bloed. Die staatshospitale in die Vaaldriehoek het my nie weggewys nie, maar net glad nie gehelp nie. Ek was nou by hom, hy het nog geen drup ontvang nie en ook nog steeds geen behandeling nie.”

Valerie sê aan Nuusflits hy word by die dag swakker en het reeds 4 pinte bloed ontvang.

Sy het haar nou noodgedwonge na skarebefondsing gewend om so gou as moontlik vir Dwayne mediese hulp by Cormed-hospitaal in Vanderbijlpark te kry. Nadat die BackaBuddy-fonds gister oopgemaak is, is daar reeds meer as R20 000 ingesamel waarvoor Valerie dankbaar is. Daar is ook ‘n Facebook-blad Help Dwayne waar daar gevolg kan word hoe dit met hom gaan. Valerie het egter nie die geld om hom net bloot na die privaat hospitaal te neem nie, aangesien sy reeds gehoor het wat dit per nag kos om haar seun in ‘n intensiewesorgeenheid te kan opneem. Hulle kon met hulp wel ‘n dokter by Cormed spreek, wat sonder verdere toetsing, vanweë die tekort van befondsing, aangedui het Dwayne bloei moontlik van ‘n geskeurde aar.

Aangesien mense op Facebook gevra het, het Valerie verduidelik haar seun is aan die rolstoel gekluister omdat sy tydens sy swangerskap aangerand is.

Valerie verduidelik in trane sy wil net haar seun help, sodat hy kan bly lewe.

“Ek wil nie my seun verloor nie.”

https://www.backabuddy.co.za/campaign/urgent-help-needed~2?fbclid=IwZXh0bgNhZW0CMTEAAR16re7u6xbpyYHMXv4dZ7YSCARTP7vgg5rrPXyZi68Gogk4uOVoQAJtQcM_aem_msu0nac8R_MK9QsnOOdZDg

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief