Kêrel en meisie dood aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die lewelose liggame van Khumo Moatshe (38) en Kefilwe Mosane (26), sy meisie, is Maandag, omstreeks 07:00 in ‘n veld ontdek. ‘n Moord en geregtelike doodsondersoek word deur Mogwase-polisie ondersoek.

Lt.kol. Sam Tselanyane sê die liggame is deur omstanders in Lotwane-seksie in Ramokokastadt opgemerk. Die vrou se naakte liggaam is langs ‘n voetpaadjie in die veld raakgesien. Haar nek was gesny en haar klere en onderklere is ongeveer 30 meter verder in die bosse versteek gevind. Die man se liggaam het ongeveer 20 meter van die vrou se liggaam aan ‘n tou in ‘n boom gehang.

Tselanyane bevestig die man en vrou was in ‘n verhouding, maar die vrou het glo die vorige week weens huishoudelike geweld uit die huis getrek. Met ‘n voorlopige ondersoek is gevind die aande van die beweerde moord en selfdood het die verdagte die vrou gebel om die kinders te kom haal wat oor haar huil. Dit was die laaste keer wat die vrou lewendig gesien is.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief