Gaan jy kyk of het jy dit reeds gesien?
Venus, Saturnus, Jupiter en Mars sal met die blote oog van die aarde af gesien kan word wanneer hulle hierdie maand saam in ‘n ry inbeweeg. Neptunus en Uranus sal deur ‘n teleskoop by die res gesien kan word.
Volgens die SA Astronomiese Laboratorium kan Suid-Afrikaners hulle vir die spesiale gebeurtenis regmaak wanneer die “planeetparade” in die naglug gesien sal kan word. Daar word aanbeveel om regdeur Januarie ná sonsondergang na die Weste te kyk om Venus en Saturnus te sien, met Jupiter hoog bo en Mars wat in die ooste rys.
“Prettige feit: Die planete lyk in lyn met mekaar omdat hulle om die son wentel langs ‘n plat vlak wat die ekliptika genoem word.”
Volgens BBC sal die planete op 25 Januarie gesien kan word.





