Waarskuwing! Die foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.
KWAZULU-NATAL. – Drie aanvallers, met messe bewapen, het Dinsdagaand in Mhlasini op die vlug geslaan toe ‘n vrou ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en op hulle geskiet het toe hulle haar en haar kêrel oorval het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is omstreeks 21:30 vir hulp ontbied. ‘n Man met ‘n bloeiende kopwond is buite ‘n huis aangetref en het verduidelik hy en sy meisie was buite hulle huis toe hulle deur die verdagtes met messe oorval is. Hy het vertel hy is aangerand en van sy selfoon en skoene beroof, waarna sy meisie op die verdagtes geskiet het. Die verdagtes het die hasepad gekies.
Die beseerde man het verduidelik sy meisie het uit vrees ook van die toneel gevlug. Dit kon nie onmiddellik deur die reaksiebeamptes bevestig word of die wapen wat sy gebruik het, gelisensieer is nie.
Ahoewel Rusa-lede na die verdagtes gesoek het, kon hulle nie opgespoor word nie.



