GAZA. – Israel het Woensdag deur sy minister van verdediging, Israel Katz, gedreig om ’n nuwe oorlog in Gaza te begin as Israeliese gyselaars nie teen Saterdag vrygelaat is nie. Benjamin Netanyahu het gesê hy sal Donald Trump se plan om alle Palestynse burgers uit die gebied te dwing, implementeer as Hamas nie die Israeliese gyselaars vrylaat nie.
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel
Trump het gesê hy wil Gaza oorneem en die Palestynse burgers in Jordanië of Egipte hervestig. Netanyahu het die plan “revolusionêr” genoem.
Hamas het gesê hulle gaan die vrylating van die gyselaars uitstel omdat Israel glo die skietstilstandooreenkoms oortree het. Die Hamas-leierskap het gesê hulle sal hulle nie steur aan Amerika en Israel se dreigemente nie en dat Israel moet hou by die ooreenkoms sodat die gyselaars vrygelaat word.
Die Iranse Houthi-groep het gesê dit sal Israel weer aanval as die skietstilstandooreenkoms nie eerbiedig word nie.
Bronne: News and Sentinel, The Independent, Daily Mail
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel





