Drie gesoekte verdagtes doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Drie gesoekte verdagtes is kort gelede (Vrydag) in Reservoir Hills in ‘n skietery met die polisie dood.

Brig. Jay Naicker sê die polisie het inligting ontvang van verdagtes wat glo beplan het om ‘n huisroof te pleeg. ‘n Voertuig wat aan die beskrywing voldoen, is opgemerk en in ‘n poging om dit tot stilstand te bring, het die verdagtes op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet. Drie verdagtes is dood en daar is op twee vuurwapens beslag gelê. ‘n Handgranaat is in die verdagte voertuig ontdek.

Naicker sê koeëls het twee polisiebeamptes rakelings op hulle koppe getref. Hulle is op die toneel deur paramedici behandel.

Met verdere ondersoek is onthul die verdagtes is vir ‘n vlaag beweerde transitorooftogte vanaf 2021 gesoek. Die ondersoek sal aandui of die verdagtes ook by ander misdade betrokke was. Die vuurwapens sal aan ballistiese toetsing onderwerp word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief