DELPORTSHOOP. – Die liggame van twee seuns, 13 en 14, wat verdrink het, is Vrydag uit die Hartsrivier gehaal.
Lees ook: Hond val tuinier aan
Die seuns het glo Woensdag in die Hartsrivier probeer swem toe hulle onder die water verdwyn het en nie weer uitgekom het nie. ’n Gemeenskapslid het die polisie geskakel, maar die soektog na die seuns is deur slegte weersomstandighede belemmer.
Die seuns se liggame is Vrydag gevind en die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Die polisie herinner ouers om tydens die skoolvakansie seker te maak hulle weet waar hulle kinders is.
Bron: SAPD
Lees ook: Hond val tuinier aan
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].




