KZN. – ’n Hond wat glo in Oktober 2024 ’n man se dood veroorsaak het, het gister (Saterdag) ’n tuinier gebyt.
Lees ook: Powerball-boerpot staan op R90 miljoen vir Dinsdag
Die Malawiese burger het aan lede van Rusa gesê dat hy naweke by die hond se eienaar werk. Hy het gesê sy werkgewer het hom geskakel om te kom werk, maar toe hy by die erf ingaan, het die hond hom aangeval.
Die bure het hom om hulp hoor roep en het gesien hy is op die grond met die hond bo-op hom. Die tuinier kon loskom en vlug. Ooggetuies het die hek agter hom toegemaak. Hy het bytwonde aan sy linkerbeen en -hand gehad en is na ’n mediese fasiliteit vir behandeling geneem.
‘n Huurder by dieselfde huis is glo in Oktober 2024 deur die hond aangeval en is die volgende dag in die hospitaal dood.
Bron: Facebook
Lees ook: Powerball-boerpot staan op R90 miljoen vir Dinsdag
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





