MPUMALANGA. – Vyf persone, onder andere ‘n kleuter, is dood toe ‘n vragmotor en motor Sondagmiddag op die N4-tolpad tussen Machadadorp en Belfast trompop met mekaar gebots het.
Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skadeling, sê die kleuter, twee mans en twee vroue het in die ongeluk omgekom. Nog ‘n persoon in die motor is ernstig beseer. Die bestuurder van die vragmotor het slegs geringe beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar word ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





