MPUMALANGA. – ‘n Vrou (31) is Maandag met ‘n byl vermoor en in ‘n straat in Schoemansdal gelos, vermoedelik deur die pa (41) van haar twee kinders.
Lt.kol. Jabu Ndubane sê die man en vrou het na bewering ‘n argument gehad, waarna sy met die byl aangeval en noodlottig beseer is. Die polisie en ander rolspelers is na die toneel ontbied, waarna die verdagte gearresteer is.
Ndubane sê die verdagte sal vandag op aanklag van moord in die Nkomazi-landdroshof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

