EFF beweer politieke inmenging beïnvloed keuse vir operateur van Lottery

Lees ook :

EFF beweer politieke inmenging beïnvloed keuse vir operateur van nasionale lotery fotokrediet: Canva

Die EFF beweer daar was politieke inmenging by die aansoekproses om ’n nuwe operateur vir die nasionale lotery te kies.

Lees ook: Lotto uitslae vir 14 Mei 2025

Dit volg na verslae dat Gold Rush Consortium moontlik die nuwe operateur van die Lottery sal word. Die EFF het gesê om Gold Rush Consortium die lisensie te gee om die Lottery te bedryf, sal die National Lottery-wet oortree wat verhoed dat tenders aan polities-geallieerde maatskappye gegee word.

Gold Rush Consortium word deur die KZN-sakemanne Moses Tembe en Sandile Zungu besit. Zungu was voorheen ’n mededinger vir die ANC KZN-voorsitterpos en Tembe is ‘n finansier en bondgenoot van die ANC.

Die EFF het ook beweer twee lede op die beoordelingskomitee vir die aansoekproses het bande met Gold Rush. Volgens die EFF se nasionale woordvoerder wil hulle minister Parks Tau voor die portefeuljekomitee sien om verslag oor die aansoekproses te doen.

Die kontrak om die Lotto vir die volgende agt jaar te bestuur, is sowat R180 miljard werd. Ithuba, die huidige operateur, se lisensie verval op 31 Mei vanjaar.

Die wenner van die aansoekproses sal op 28 Mei bekend gemaak word.

Bronne: Briefly, SABC, Politics Web

Lees ook: Lotto uitslae vir 14 Mei 2025

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief