Breindood vrou word lewend gehou oor anti-aborsiewet

Lees ook :

Breindood vrou word lewendig gehou oor anti-aborsie wet fotokrediet: X

ATLANTA, VSA. – ’n Breindood vrou se familie word gedwing om haar lewend te hou oor ‘n anti-aborsiewet in Atlanta in die VSA.

Lees ook: Oklahoma aanvaar wetsontwerp wat meeste aborsies na bevrugting verbied

Adriana Smith (30), ’n ma van een en tans swanger, het in Februarie hoofpyne begin ervaar. Haar familie het gesê sy is na die hospitaal, maar geen toetse is uitgevoer nie. Volgens haar kêrel het sy die volgende oggend gesukkel om asem te haal en is weer hospitaal toe. Verskeie bloedklonte is in haar brein gekry, maar dit was te laat om haar te help en sy is breindood verklaar.

Smith word nou aan die lewe gehou weens die anti-aborsiewet wat aborsies verbied na slegs drie weke van swangerskap. Smith was nege weke swanger toe sy in die hospitaal opgeneem is.

Die hospitaal gaan Smith se liggaam aan die lewe hou totdat die baba op 32 weke uit haar baarmoeder verlos kan word en oorleef, en het gesê volgens die wet mag hulle geen ander opsies oorweeg nie.

Haar familie het gesê hulle bring Smith se seun om haar te sien, maar hy glo sy ”slaap net” en dat dit ’n marteling is om haar so te sien. Hulle het ook gesê hulle wens hulle het ‘n keuse gehad om haar te help.

Bronne: Metro, Newsweek, PEOPLE

Lees ook: Oklahoma aanvaar wetsontwerp wat meeste aborsies na bevrugting verbied

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief