GUADALAJARA, MEXICO. – ’n TikTok-ster is tydens ’n uitsending by ’n skoonheidsalon doodgeskiet.
Lees ook: Breindood vrou word lewend gehou oor anti-aborsiewet
Valeria Marquez (23) was besig met ’n TikTok-uitsending toe ’n man by haar skoonheidsalon ingegaan het en haar geskiet het. Die uitsending het eers geëindig toe ’n ander persoon haar foon opgetel het om dit te stop.
Plaaslike media het beweer Marquez is doodgeskiet deur ’n man wat gemaak het of hy vir haar ’n geskenk bring.
Dit is onbekend wat die motief vir die moord was, maar die polisie ondersoek dit as ’n “femicide”, wanneer vrouens en meisies vermoor word oor hulle geslag.
Nog geen verdagte is vir die moord geïdentifiseer nie.
Bronne: BBC, CBS News, Sky News
Lees ook: Breindood vrou word lewend gehou oor anti-aborsiewet





