KYK: TikTok-sanger stel enkelsnit ‘Gat In Jou Sak’ vry

Lees ook :

Foto: Fanie Nel

Jacobus spog nou met sy eie splinternuwe enkelsnit, genaamd Gat In Jou Sak. Dit kom nadat hy gedurende Desember 2024 Demi Lee Moore se Mis Eet Slaap Herhaal op sy eie manier op TikTok gedeel het. Die jong sanger van Robertson is deur Coleske Artist raakgesien en hy is ‘n platekontrak aangebied. Die plasing het hom gehelp om sy merk in die musiekbedryf te maak.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die jong, passievolle musikant het met sy eenvoudige, maar treffende TikTok-video van Mis Eet Slaap Herhaal, wat hy ’n nuwe baadjie aangetrek het, meer as 80 000 kykers se harte geraak.

Skaars vyf maande nadat Jacobus op TikTok ontdek is, reik hy op 16 Mei, amptelik sy debuutenkelsnit Gat In Jou Sak uit. “Dié liedjie is ’n vars, eerlike weergawe van Afrikaanse kontemporêre musiek — met ’n sterk storielyn en ’n rou, akoestiese klank wat reeds by aanhangers aanklank vind.”

Jacobus vertel: “Gat In Jou Sak’ is baie spontaan geskryf. Ek en my broer was op pad plaas toe en toe kry ek die idee van iets verloor deur die gat in jou sak. Teen die tyd wat ons weer by die huis was, het ek met my kitaar gaan sit en die hele storie het eenvoudig uitgevloei.”

Wie en wat is Jacobus? Die jongman het op ‘n wynplaas grootgeword waar sy pa wyn maak en nodeloos om te sê, het sy liefde vir wyn en musiek, soos dit gestel word, “natuurlik saam ontwikkel.” Jacobus het aan Hoër Landbouskool Boland gematrikuleer en is van jongs af reeds musikaal. Hy kan selfs die klavier en tjello bespeel. Sport moes weens ‘n besering kortgeknip word, waarna hy meer op sy musiek gefokus het. Hy is tans ‘n wynkundestudent aan die Universiteit Stellenbosch, maar musiek bly sy grootste liefde. Sy familie is vir hom ’n onmisbare deel van sy kreatiewe proses.

Ek weet ek kan altyd op hul eerlike terugvoer staatmaak. Of dit nou ’n nuwe liedjie is of net ’n idee”, hulle dra by tot elke deel van my musiek. My musiek fokus baie op storievertelling en om ’n gevoel rondom die woorde te skep. Ek dink die rou klank van die kitaar help om die boodskap van Gat In Jou Sak regtig tuis te bring.”

Nel sê Gat In Jou Sak se vrystelling is ‘n droom wat vir Jacobus bewaarheid is.

“Dit voel onwerklik. Om my musiek met die wêreld te kan deel, is iets waarvoor ek lank gewag het. Ek hoop mense kan hulleself vereenselwig met wat ek probeer sê, dat dit hulle beter laat voel oor iets, of net ’n bietjie geluk bring.

Die musiekvideo waarin die TikTok-ster Mila G die vroulike hoofrol speel, is deur Elias verfilm. “Ons wys hoe iets klein, soos ’n emosionele glips of misverstand, kan lei tot die verlies van iets spesiaal, soos om iets deur ’n gat in jou sak te verloor. Dis visueel baie mooi.”

Terwyl sy weergawe van die Demi Lee Moore-treffer soveel aandag getrek het, sal Jacobus sonder om te huiwer eendag ‘n duet saam met dié sangeres wil opneem.

“Demi Lee Moore. Sy was nog altyd op my playlist. My weergawe van Mis Eet Slaap Herhaal het vir my deure oopgemaak, so dit sal ongelooflik spesiaal wees om eendag iets saam met haar te doen.”

Met ’n unieke klank, sterk waardes, en ’n natuurlike aanvoeling vir storievertelling, is dit duidelik: JACOBUS is ’n nuwe stem in die Afrikaanse musiekwêreld om dop te hou,” sluit Nel af.

Kry Gat In Jou Sak op alle stromingsdienste hier. JACOBUS kan op sosiale media gevolg word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief