Vermeende transnasionale ekstremis in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Abubakr Ali Kasakya (39) het Maandat in die Johannesburgse landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn. Hy is Vrydag daarvoor in hegtenis geneem. Dit kom ná ‘n deurlopende ondersoek na ‘n vermeende transnasionale ekstremistiese netwerk wat in Gauteng aktief is.

Phindi Mjonondwane, NVG-streekwoordvoerder, sê die polisie het na ‘n ander verdagte gesoek en die beskuldigde buite ‘n perseel teëgekom. Hy het glo vrywillig ‘n tas met vuurwapens en ammunisie in ‘n huis aan hulle uitgewys. Die staat beweer ook dat Kasakya ‘n leiersrol in ‘n ekstremistiese sindikaat vervul en moontlik verbind kan word met ander mense wat by georganiseerde misdaad en ekstremisme betrokke is. Die ondersoek duur voort.

Die saak is vir verdere ondersoek voor die borgtogaansoek tot 2 Junie uitgestel. Die nasionale vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe het hul verbintenis herbevestig om bedreigings tot nasionale veiligheid en gewelddadige ekstremisme te takel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief