KWAZULU-NATAL. – Die VW Polo wat glo in die moord van Olorato Mongale (30) gebruik is, is deur die polisie in Durban opgespoor en die bejaarde eienaar daarvan is in hegtenis geneem. Die polisie soek in dié verband na Fezile Ngubane, Philangenkosi Sibongokuhle Makhanya en Bongani Mthimkhulu. Mongale het Sondag op ‘n afspraak met ene “John” gehad wat glo die wit VW Polo bestuur het, waarna haar liggaam by Lombardy-Wes gevind is.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê ’n multi-dissiplinêre span het op die voertuig by ’n paneelklopperwerkswinkel in Phoenix, in Durban, beslag gelê. Die ondersoek het die span eers gelei na ’n lodge in Kew, Johannesburg, waar twee verdagtes ’n kamer bespreek het. Verdere inligting het hulle na een van die verdagtes se huis in KwaMashu, Durban, geneem. Die voertuig is later by die werkswinkel gevind. SAPD se forensiese kundiges het bloed in die voertuig gevind. Mthimkhulu, wat ’n vriend van Philangenkosi Makhanya is, word nou ook deur die polisie gesoek. Volgens die polisie het die ondersoek ’n kritieke en sensitiewe stadium bereik.
Mathe sê die polisie wil al die slagoffers wat na vore gekom het, asook diegene wat inligting verskaf het vir hulle samewerking bedank. Die verdagtes word as gevaarlik beskou, en die publiek word gewaarsku om hulle nie self te nader nie. Enigiemand met relevante inligting oor hul ligging word gevra om brig. Nama by 082 778 9035 te bel.
Die verdagtes word versoek om hulle by hul naaste polisiekantoor oor te gee.

Lees meer oor die moord hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]






One Response
https://farmaciabesurica.com/# farmacia online Italia