Soektog na Madeleine McCann se liggaam waarskynlik gou opgeskort

Lees ook :

Soektog na Madeleine McCann se liggaam waarskynlik gou opgeskort fotokrediet: X

PORTUGAL. – Duitse ondersoekers in Portugal sal waarskynlik die soektog na die vermiste kleuter, Madeleine McCann, opskort as geen bewyse van haar oorskot teen môre gevind word nie.

Lees ook: Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann

Duitse en Portugese ondersoekers het dié week ’n nuwe soektog begin om McCann te vind ná sy in 2007 by ’n vakansieoord verdwyn het. Christian Brückner is die hoofverdagte in haar verdwyning en die polisie is besig om die gebied met radar te deursoek waar hy tydens haar verdwyning gewoon het.

Die ondersoekers het weer ’n verlate plaashuis deursoek en gatte gegrawe by ’n plek waar Brückner in 2007 in ’n tent gebly het.

Ondersoekers sal oor die volgende paar weke grond en ander materiaal ontleed wat tydens die soektog gevind is vir enige bewyse wat Brückner aan McCann verbind.

Bronne: The Sun, The Independent, The Mirror

Lees ook: Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief