Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann

Lees ook :

Nuwe soektog begin vir liggaam van Madeleine McCann fotokrediet: X

PORTUGAL. – Portuguese en Duitse owerhede het vandag aangekondig ’n nuwe soektog is begin om die liggaam van die vermiste Madeleine McCann op te spoor.

Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind

Die nuwe soektog sal plaasvind in 21 verskillende areas tussen die vakansie-oord waar McCann in 2007 vermis geraak het, tot by die gebou waar Christian Brückner, die verdagte in die saak, gewoon het.

Radar sal gebruik word om enige tekens van ’n kind se liggaam in die grond op te spoor. Die soektog sal na verwagting tot Vrydag voortduur.

Brückner is in 2021 as die hoofverdagte in die verdwyning van McCann as ’n drie-jarige in Portugal geïdentifiseer. Hy is tans in die tronk nadat hy skuldig bevind is vir die verkragting van ’n vrou (72) in Portugal in 2005. Brückner het herhaaldelik ontken dat hy by die verdwyning van McCann betrokke is.

Bronne: BBC, The Independent, Sky News

Lees ook: Items tydens Madeleine McCann-ondersoek in Portugese reservoir gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief