Jong meisie sterf nadat vragmotor haar tref

Lees ook :

Foto: HTS Middelburg

MPUMALANGA. – Jannika Brink (7) ‘n leerling van Laerskool Middelburg, het Dinsdag gesterf toe ‘n vragmotor haar in Meyerstraat, Middelburg op haar fiets raakgery het.

Lt.kol Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits in die geval van ‘n strafbare manslagsaak word die bestuurder se waarskuwingsverklaring geneem, waarna die dossier vir beslissing na die senior staatsaanklaer gestuur word.

Volgens Middelburg Observer het die ongeluk ten aanskoue van haar boetie op sy fiets gebeur. Hy kon betyds van die vragmotor padgee, wat op die sypaadjie tot stilstand gekom het. Hy het van die ongelukstoneel af gehardloop om tuis hulp te gaan kry.

Verskeie skole in en om Middelburg het met medelye op die jong meisie se dood reageer en plasings ter ondersteuning van Jannika se ouers en die skoolgemeenskap gemaak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief