GRIEKELAND. – ’n Ryanair-vliegtuig van Londen na Griekeland het Woensdag beheer verloor tydens die landing by die Kalamata Internasionale Lughawe.
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut
Passasiers op die vliegtuig het aan The Sun gesê “erge turbulensie” is tydens die vlug ervaar en nadat hulle geland het, is ’n “harde slaggeluid” gehoor toe die vliegtuig ’n heining tref.
Volgens ‘n woordvoerder van Ryanair het die passasiers die vliegtuig normaal verlaat nadat nooddienste op die toneel gekom het. Hy het gesê die vliegtuig is ondersoek en instandhouding het plaasgevind voor dit weer in diens gestel is.
Bronne: The Independent, The Mirror, Metro
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut





