Weermaglede vir onder meer ‘moord op polisiehoë’ in hof

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 51 jaar oud, is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe en in Centurion, Pretoria, in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof. Die inhegtenisnemings hou verband met die moord op lt.kol. Frans Mathipa wat op 6 Augustus 2023 op die N1-snelweg naby Hammanskraal doodgeskiet is.

Lt.kol. Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die inhegtenisnemings is deur lede van die ernstige georganiseerde misdaadondersoekspan en die afdeling vir taktiese operasiebestuur uitgevoer. Nadat die kolonel, wat aan die Valke se Gauteng-eenheid vir misdaad teen die staat verbonde was, geskiet is, het hy beheer oor sy voertuig verloor en in ‘n sloot beland. Mathipa was ten tyde van sy moord aan diens en besig met ‘n ondersoek.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemingsoperasie ook op ‘n voertuig in besit van die 36-jarige verdagte beslag gelê. Die voertuig is vermoedelik vir die ontvoering van twee manlike buitelandse burgers by ‘n winkelsentrum in Midrand op 29 Desember 2022 gebruik. Dit is sedertdien vir verdere forensiese ondersoek na die skut geneem.

Die verdagtes sal vandag op aanklagte van moord en ontvoering in die Randburg-landdroshof verskyn.

Singo sê die ondersoek deur die Valke duur voort.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief