Meisie (12) oorlede, nog kinders siek van voedselvergiftiging in Frankryk

Lees ook :

Meisie (12) oorlede, nog kinders siek van voedselvergiftiging in Frankryk fotokrediet: Canva

FRANKRYK. – ’n Meisie (12) is dood en nog nege kinders is in die hospitaal opgeneem ná hulle voedselvergiftiging in Saint-Quentin, Frankryk, opgedoen het.

Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur

Die meisie is Maandag oorlede weens akute nierversaking wat gewoonlik deur die e-coli-bakterie veroorsaak word.

Nege kinders, vyf met akute nierversaking, is in ‘n hospitaal opgeneem.

Luidens ’n berig van BBC is twee slaghuise tydelik gesluit ná vyf van die kinders vleis van een slaghuis geëet het en ’n ander kind dae vantevore vleis van die tweede slaghuis geëet het.

Toetse word tans op vleis van die twee slaghuise uitgevoer.

Bronne: BBC, Food Safety News, Yahoo

Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief