IRAN. – Die Iranse minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, het gesê Iran gaan nie deelneem aan nuwe samesprekings oor hulle kernaanlegte voor Israel se “aggressie gestop het nie”.
Lees ook: Nog lugaanvalle oornag tussen Israel en Iran
Volgens hom was Iran se kernprogram “vreedsaam” en Israel se aanvalle het die internasionale wet oortree. Araghchi het bygevoeg “Iran sal aanhou om sy reg op selfverdediging uit te voer”.
Dit volg ná Israel se minister van buitelandse sake, Eyal Zamir, gesê het sy land moet gereed wees vir ’n “lang veldtog” en dat “moeilike dae voorlê”.
Iran en Israel hou intussen aan met die aanvalle op mekaar wat begin het toe Israel op 13 Junie Iran se kernaanlegte aangeval het.
’n VSA-gebaseerde, nie-winsgewende organisasie, die Human Rights Activists News Agency, het gesê die dodetal in Iran staan op minstens 657, insluitend 263 burgers. Die dodetal is Israel staan op 25.
Bronne: BBC, USA Today, New Indian Express





