Vermiste leerlinge se liggame in waterpoel gevind

Lees ook :

Foto: Laerskool Dan Radebe

GAUTENG. – Die liggame van France Samkelo en Kgasi Molefe, leerlinge in gr. 5 van die Laerskool Dan Radebe in Duduza, Ekurhuleni, wat Donderdag as vermis aangemeld is, is Vrydag in ‘n waterpoel aangetref.

Steve Mabona, provinsiale onderwyswoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die twee leerlinge was nie net hegte vriende nie, maar ook in dieselfde klas. Hulle liggame is met ’n soektog deur nooddienste in ’n waterpoel, wat weens uitgrawings by ’n nabygeleë konstruksieterrein in Duduza ontstaan het, gekry. Volgens die gemeenskap het hierdie groot reëngevulde put, wat onbeveilig en ongemerk is, ’n gevaarlike aantrekkingskrag vir kinders in die omgewing geword, wat dit as ’n informele swemplek gebruik.

Mabona sê die polisie ondersoek tans die omstandighede rondom die voorval.

Die Gautengse onderwysdepartement het sy psigo-sosiale ondersteuningseenheid vir traumaberading en ondersteuning beskikbaar gestel aan leerlinge, onderwysers en die gesinne wat deur die voorval geraak word.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, het sy hartseer oor die leerlinge se afsterwe uitgespreek: “Dit is ’n hartverskeurende voorval. Om jong lewens op hierdie wyse te verloor, is verwoestend, nie net vir die families nie, maar vir die hele skoolgemeenskap en provinsie. Ons innige meegevoel gaan aan die ouers, onderwysers, klasmaats en vriende van hierdie leerders.”

Laerskool Dan Radebe het die afsterwe van die kinders op sosiale media gedeel:

In Loving Memory of France Samkelo and Kgasi Molefe

Today, our school DAN RADEBE PRIMARY mourns the heartbreaking loss of two of our beloved learners, France Samkelo and Kgasi Molefe.

Their gentle spirits, kind hearts, and joyful presence will be deeply missed by their classmates, teachers, and the entire school community. Though their journey on earth has ended far too soon, their memories will forever live on in our hearts.

We extend our deepest condolences to their families and loved ones during this difficult time. May you find comfort in the love that surrounds you and the light your children brought into our lives.

Rest peacefully, Samkelo and Molefe

Gone too soon, but never forgotten.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief