Donald Trump kondig skietstilstand tussen Iran en Israel aan

Lees ook :

Donald Trump kondig skietstilstand tussen Iran en Israel aan fotokrediet: X

VSA. – Donald Trump, Amerikaanse president, en die Iranse staatsmedia het ’n skietstilstand tussen Iran en Israel aangekondig nadat Iran gisteraand Amerikaanse weermagbasisse in Katar en Irak aangeval het.

Lees ook: Iran val Amerikaanse weermagbasisse aan

Trump het gesê Iran het vroegtydig gewaarsku oor die aanvalle op die weermagbasisse en het hulle daarvoor bedank. Ure later is ’n “totale” skietstilstand aangekondig.

Israel het gesê ’n totale skietstilstand sal tyd neem om ingestel te word en het beweer Iran het vuurpyle op die land geskiet voor die skietstilstand ingestel is. Volgens Israel is drie mense in die laaste vuurpylaanval dood.

Bronne: Mirror, Live Mint, The Independent

Lees ook: Iran val Amerikaanse weermagbasisse aan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief