Dr Nico Smit gesels met die skrywer van Sinkroniseer, dr Zander van der Westhuizen, oor dié nuwe boek tydens ’n bekendstellingsgeleentheid wat in Mei 2025 in Pretoria plaasgevind het.
Die uitgewer, Bybel-Media, skryf oor die boek:
“Sinkroniseer nooi jou om opnuut aan te sluit by die ritme van die Een wat jou gemaak het. Hierdie boek help jou om stadiger te leef, sagter te luister en jou lewe met God se polsslag te belyn. Dit is woorde vir tye van soeke, stilte, oorgang en herstel.
Koop die boek by HIERDIE skakel
Meer oor die skrywer:
“Zander speel klavier, dig lirieke en skryf verhoogstukke. Soms staan hy op ’n verhoog en ander kere op ’n preekstoel. Hy deel inspirasie voor die televisiekamera en deel liefde oor ’n radiomikrofoon. Hy skryf diep, sinvol en met insig. Zander het ’n doktorsgraad in praktiese teologie en is voltyds leraar by NG Tygerpoort in Pretoria-Oos. Hy is getroud met Maartje en hulle het twee kinders, Alex en Inge. Saam is hulle lief vir reis, nuwe avonture, sport, kosmaak en onthaal.
Al is dit moeilik om Zander op te som, kry hierdie een sin dit goed reg: Zander is die Here s’n.”
Bron: https://www.bybelmedia.org.za/product/sinkroniseer/
Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media.
VRIEND VAN KERKBODE
Kerkbode vertel gemeentes se stories, bied lesers ’n platform om saam te gesels, en hou lesers op hoogte van kerknuus. Werksoekers word ook daagliks met geleenthede in die bediening via ons gewilde Vakatures-portaal gekoppel. Kerkbode se digitale reikwydte vergroot al vir talle jare deur woord, video en ons podsending, Kollig.
Wanneer jy Kerkbode lees, bevorder jy verdraagsaamheid en die vreedsame uitruil van inligting en menings.
Wil jy meer lig as hitte die wêreld instuur?
Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.
Word vandag ’n vriend van Kerkbode.
Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.





