GAUTENG. – ’n Buitelandse burger (48) is Dinsdag op OR Tambo deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke vir die oortreding van die wet op dwelms en dwelmsmokkelary in hegtenis geneem.
AO Thatohatsi Mavimbela, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits verskeie eenhede het ‘n operasie geloods nadat inligting verkry is van ‘n verdagte wat glo dwelms na Ghana sou vervoer. Die verdagte is by die lughawe geïdentifiseer. Toestemming is verkry om die bagasie te deursoek en ongeveer 2 kg, vermoedelik heroïen, is in die bagasie gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die Kempton Park-landdroshof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





