President besoek Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria

Lees ook :

Foto's: Nasionale Gesondheidsdepartement

GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het Dinsdag ‘n eenstop-navorsings- en mediese fasiliteit, geleë by die Steve Biko Akademiese Hospitaal, in Pretoria besoek.

Volgens sosialemediaplasings van die nasionale gesondheidsdepartement en die presidensie het dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, Panayza Lesufi, die Gautengse premier en Nomantu Nkomo-Ralehoko, die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand die president tydens die oorsigbesoek aan die kerngeneeskunde-navosingsinfrastruktuur (NuMeRI) vergesel. Die fasiliteit, ‘n vennootskap van die samewerking deur die samewerking van die departement van gesondheid, die departement van wetenskap, tegnologie en innovasie, die Universiteit van Pretoria en die privaatsektor, is aan die ontwikkeling van kanker- en TB-medikasie, asook beeldgebaseerde kliniese navorsing toegewy.

Die president het ook die hartkateterisasielaboratorium, wat deel vorm van die hospitaal se radiologie-afdeling, besoek. Volgens die plasing het die besoek SA se verbintenis tot wetenskaplike innovasie, billike toegang tot gesondheidsorg en geïntegreerde infrastruktuurbelegging beklemtoon.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief