Mosselbaai-man reeds geruime tyd vermis

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – John Dalton (29) is sedert 29 Mei 2025 vermis van sy woning by Vogelsang-landgoed, Mosselbaai, wat ook as Vakansieplaas bekend staan. Hy het sy woning verlaat en het nog nie weer teruggkeer nie.

Sers. Christopher Spies, Tuinroete-polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die Da Gamaskop-polisie doen ’n beroep op die publiek om met die soektog na Dalton te help wat deur sy naasbestaandes as vermis aangemeld is. Hy is ongeveer 1.88 meter lank, weeg 75 kg en was geklee in ’n donker hemp en broek.

’n Soekspan bestaande uit lede van die Da Gamaskop-polisiekantoor, George- openbare orde polisiëring en vrywilligers het Dinsdag sonder sukses na hom in die omgewing van Vakansieplaas gesoek.

Die soektog duur voort. Enigiemand met relevante inligting word gevra om AO Arlene Stokes, die ondersoekbeampte, by 061 317 2239 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief