Man sterf toe voertuig in rivier beland

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man in sy sestigs is Dinsdagoggend net na 07:00 in ‘n enkelmotorvoertuigongeluk in Bill Woodweg in die Queensmead- industriële gebied dood nadat sy voertuig teen ‘n wal afgery en in ‘n rivier beland het.

Garrith Jamieson an ALS Paramedics sê dié diens het op die toneel aangekom en gevind dat ‘n enkelmotorvoertuig beheer verloor, die pad verlaat het en verskeie kere omgerol het. Die voertuig is teen ‘n wal af en het in die rivier tot stilstand gekom. Gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel waar die man as enigste insittende van die voertuig dood verklaar is.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief