Dodetal styg ná militêre vliegtuig op skool neerstort

Lees ook :

Dodetal styg ná militêre vliegtuig op skool neerstort fotokrediet: X

BANGLADESJ. – Die dodetal het tot 31 gestyg ná ’n militêre vliegtuig Maandag op ’n skool in Dhaka, Bangladesj neergestort het. Altesaam 25 kinders en een onderwyser het omgekom, terwyl 165 persone gewond is.

Lees ook: Minstens 27 mense oorlede ná militêre vliegtuig op skool neerstort

Studente van die skool betoog naby die ongelukstoneel om vir antwoorde oor die ongeluk en die amptelike dodetal te eis. Verskeie mense glo dat die dodetal hoër is as wat amptelik gesê word.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek, maar volgens die weermag was dit moontlik weens ’n meganiese fout.

Hulle is van mening die vlieënier, wat ook oorlede is, “het elke poging aangewend om die vliegtuig weg te draai van gebiede met baie mense”.

Bronne: NDTV, CNN, ABC News

Lees ook: Minstens 27 mense oorlede ná militêre vliegtuig op skool neerstort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief