SAPD ontken gerugte oor vermiste sakeman, Jerry Boshoga

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om verantwoordelik met inligting oor die ontvoering van die sakeman Jerry Boshoga om te gaan, veral op sosiale media. Vals berigte is die afgelope 24 uur op sosiale media versprei, wat beweer dat Boshoga dood aangetref is. Boshoga is gedurende November 2024 in Centurion ontvoer.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die saak is steeds in ’n sensitiewe stadium van ondersoek en Boshoga is nóg lewend nóg dood gevind. Daar word ‘n beroep op sosialemediagebruikers gedoen om op te hou om onbevestigde inligting te versprei. Die polisie vra ook die publiek om empatie met die slagoffer se familie te toon, aangesien die gerugte onnodige trauma en paniek veroorsaak het.

Die polisie is steeds in noue kontak met die familie, wat eerste ingelig sal word sou daar enige ontwikkelinge in die saak wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief